2 Samuel 11:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe Joab die stad waargeneem het, het hy Urija aangewys na 'n plek waar hy geweet het dat daar dapper manne was. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Joab was besig om die stad te beleër. Hy het vir Urija op ’n plek gesit waar hy geweet het die stryd is vel. |
| Afrikaans 1933/1953 | So het Joab dan, terwyl hy die stad verken, Ur¡a op 'n plek gesit waarvan hy geweet het dat daar dapper manne was. |
| Afrikaans 1983 | Terwyl Joab die stad beleër, het hy Urija op 'n plek gesit waar hy geweet het daar is dapper teenstanders. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Joab het, nadat hy die stad dopgehou het, Urija geplaas op die plek waar hy besef het daar bekwame verdedigers was. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Joab was besig om die stad van al die kante aan te val, en hy het Urija laat veg op 'n plek waar hy geweet het die vyande kan baie goed veg. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Joab het geweet waar die dapperste manne van die stad was. In die geveg om in die stad in te kom het hy toe vir Urija op daardie plek gesit. |