2 Samuel 11:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het in die brief geskryf en gesê: Stel Urija in die voorpunt van die hewigste geveg, en tree van hom af, dat hy verslaan kan word en sterwe.
Afrikaans (NLV) 2011 Die brief het gelui: “Plaas Urija op die voorpunt waar die geveg op sy hewigste is. Val dan terug sodat hy kan sneuwel.”
Afrikaans 1933/1953 En hy het in die brief geskrywe en gesê: Sit Ur¡a op die voorpunt van die hewigste geveg; trek julle dan agter hom terug, dat hy in die slag kan sneuwel.
Afrikaans 1983 In dié brief het hy geskryf: “Gee tog aan Urija 'n plek op die voorpunt waar die geveg kwaai is. Val dan terug sodat hy in die slag kan bly en sneuwel.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het in die brief geskryf: “Sit Urija in die voorste linie van die hewigste geveg. Val dan terug agter hom, sodat hy neergevel word en sterf.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) In die brief het Dawid geskryf: “Jy moet vir Urija laat veg op die plek waar die vyande die hardste veg, en dan moet julle weggaan agter hom en hom alleen los sodat die vyande hom kan aanval en hy kan sterf.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) In die brief het daar gestaan: “Sit vir Urija heel voor in die kwaaiste geveg. Los hom dan alleen sodat hulle hom kan bykom en hom doodmaak.”