2 Samuel 11:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê Dawid vir Uría: Bly ook vandag hier, en môre sal ek jou laat vertrek. En Urija het daardie dag en die volgende dag in Jerusalem gebly. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Bly vannag nog hier,” sê Dawid vir hom. “Môre stuur ek jou terug.” Urija het toe daardie dag en die volgende dag in Jerusalem gebly. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Dawid sê vir Ur¡a: Bly vandag ook hier; dan sal ek jou môre laat gaan. En Ur¡a het die dag in Jerusalem gebly. |
| Afrikaans 1983 | Dawid het Urija toe beveel: “Bly vandag nog hier! Môre stuur ek jou terug.” Urija het daardie dag en die dag daarna in Jerusalem vertoef. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daarop sê Dawid vir Urija: “Bly ook vandag nog hier, dan sal ek jou môre laat gaan.” Urija het toe daardie dag en ook die volgende dag in Jerusalem gebly. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe sê Dawid vir Urija: “Bly nog vandag hier, ek sal jou môre laat gaan.” Urija het daardie dag en die volgende dag nog in Jerusalem gebly. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Bly nog vandag en môre hier, dan sal ek jou terugstuur,” het Dawid vir hom gesê. Urija het toe vir nog twee dae in Jerusalem gebly. |