2 Samuel 11:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe hulle dit aan Dawid meedeel en gesê het: Uría het nie na sy huis afgegaan nie, sê Dawid vir Uría: Het jy nie van jou reis af gekom nie? waarom het jy dan nie na jou huis afgegaan nie? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dawid het gehoor dat Urija nie huis toe gegaan het nie. Hy vra toe vir Urija: “Wat is verkeerd met jou? Hoekom het jy nie laas nag huis toe gegaan nadat jy so lank weg was nie?” |
| Afrikaans 1933/1953 | En daar is aan Dawid meegedeel en gesê: Ur¡a het nie na sy huis afgegaan nie. Toe vra Dawid vir Ur¡a: Kom jy nie van 'n reis af nie? Waarom gaan jy nie af na jou huis nie? |
| Afrikaans 1983 | Hulle het vir Dawid gaan sê: “Urija was nie huis toe nie.” Dawid vra toe vir Urija: “Jy was mos lank weg, waarom gaan jy nie huis toe nie?” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe Dawid ingelig is, “Urija het nie na sy huis afgegaan nie”, het hy vir Urija gevra: “Het jy nie pas van 'n reis af hier aangekom nie? Waarom het jy nie na jou huis afgegaan nie?” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe Dawid hoor dat Urija nie huis toe gegaan het nie, het hy vir Urija gesê: “Jy het ver geloop, hoekom gaan jy nie huis toe nie?” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dawid het gehoor Urija het nie by sy huis gaan slaap nie. “Jy was dan so lank weg, hoekom het jy nie huis toe gegaan nie?” vra Dawid hom die volgende môre. |