2 Samuel 11:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En nadat die jaar verby was, op die tyd dat konings uittrek om te veg, stuur Dawid Joab en sy dienaars saam met hom en die hele Israel; en hulle het die kinders van Ammon omgebring en Rabba beleër. Maar Dawid het nog in Jerusalem gebly. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die volgende lente, die tyd waarin die konings gewoonlik gaan veg, het Dawid vir Joab en sy manskappe, asook die hele leër van Israel gestuur. Hulle het die Ammoniete verslaan en Rabba gaan beleër. Dawid het in Jerusalem agtergebly. |
| Afrikaans 1933/1953 | En nverloop van die jaar, teen die tyd dat die konings uittrek, stuur Dawid Joab en sy dienaars saam met hom uit en die hele Israel. En hulle het die land van die kinders van Ammon verniel en Rabba beleër, terwyl Dawid in Jerusalem gebly het. |
| Afrikaans 1983 | In die lente, die tyd waarin die konings gewoonlik optrek om oorlog te maak, het Dawid op 'n keer vir Joab en sy soldate en die hele Israel uitgestuur. Hulle het die Ammoniete verslaan en Rabba beleër, maar Dawid het in Jerusalem agtergebly. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Teen die jaarwending, wanneer die konings op veldtogte uittrek, het Dawid vir Joab uitgestuur, en saam met hom sy amptenare en die hele Israel. Hulle het die Ammoniete vernietigend verslaan en Rabba beleër. Maar Dawid het in Jerusalem agtergebly. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit was in die lente-tyd, die tyd wanneer konings altyd gaan oorlog maak het. Dawid het vir Joab en sy manne en al die Israeliete gestuur, en hulle het die Ammoniete oorwin. Hulle het hulle tente opgeslaan rondom die stad Rabba. Dawid het in Jerusalem gebly. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die volgende lente, in die tyd wanneer die konings gewoonlik gaan oorlog maak, het Dawid sy eie soldate saam met Joab en al die manskappe van Israel gestuur om teen die Ammoniete te veg. Hulle het die Ammoniete kafgeloop en hulle in Rabba, hulle hoofstad vasgekeer. Dawid was nie by nie; hy het in Jerusalem agtergebly. |