2 Samuel 10:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die kinders van Ammon het uitgetrek en die geveg opgestel by die ingang van die poort; en die Arameërs van Soba en Rehob en Jistob en Maäga was alleen in die veld.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Ammoniete het hulle gevegslinie voor die stadspoort opgestel, terwyl die Arameërs van Soba en Regob, en die manskappe van Is-Tob en Maäka in die oop veld stelling ingeneem het.
Afrikaans 1933/1953 En die kinders van Ammon het uitgetrek en die slagorde opgestel by die ingang van die poort, terwyl die Arameërs van Soba en Rehob en die manne van Tob en M äga afsonderlik in die veld was.
Afrikaans 1983 Die Ammoniete het uitgegaan en voor die stadspoort stelling ingeneem, en die Arameërs van Soba, Regob, Is-Tob en Maäka was op hulle eie in die oop veld.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Ammoniete het uitgetrek en gevegslinies opgestel by die ingang van die stadspoort. Die Arameërs van Soba en Regob en die manne van Tob en Maäga was op hulle eie in die veld.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Ammoniete het uitgekom en hulle het gereedgestaan voor die poort van hulle stad. Die Arameërs van Soba en Regob en die manne van Tob en Maäka het op 'n ander plek in die veld gestaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Ammoniete se soldate het reggestaan voor die ingang na hulle hoofstad. Die Arameërs van Soba en Regob en die manne van Is-Tob en Maäka was eenkant in die oop veld.