2 Samuel 10:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe hulle dit aan Dawid vertel, het hy hulle tegemoet gestuur, want die manne was baie skaam; en die koning het gesê: Bly in Jérigo totdat julle baard groot geword het, en keer dan terug. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe Dawid dit hoor, stuur hy boodskappers na die manne toe om hulle te gaan ontmoet, want hulle het baie vernederd gevoel. Hy het hulle laat weet: “Bly in Jerigo totdat julle baarde weer gegroei het. Dan kan julle terugkom huis toe.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En toe hulle aan Dawid hiervan berig bring, stuur hy om hulle tegemoet te gaan, want die manne was baie skaam. En die koning het gesê: Bly in J,rigo totdat julle baard weer gegroei het; kom dan terug. |
| Afrikaans 1983 | Dit is aan Dawid meegedeel. Hy het toe boodskappers na hulle toe gestuur, want die manne was baie skaam. Die koning het laat weet: “Bly voorlopig in Jerigo totdat julle baard gegroei het en kom dan huis toe.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe Dawid daaroor ingelig is, het hy mense gestuur om hulle te ontmoet, want die manne was verskriklik verneder. Die koning het gesê: “Bly in Jerigo totdat julle baarde weer gegroei het, en kom dan terug.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die manne het baie verneder gevoel. Toe Dawid hoor wat met die manne gebeur het, het hy mense gestuur om hulle te ontmoet en vir hulle te sê dat hulle in Jerigo moet bly totdat hulle baarde weer gegroei het, want die manne het baie verneder gevoel. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe Dawid hoor wat gebeur het, het hy mense gestuur om hulle voor te keer en vir hulle te sê om vir eers in Jerigo te bly tot hulle baarde weer uitgegroei het, want die mans was verskriklik skaam. |