2 Samuel 10:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom het Hanun Dawid se dienaars geneem en die een helfte van hulle baard afgeskeer en hulle klere in die middel afgesny, tot by hulle boude, en hulle weggestuur. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ganun gryp toe Dawid se gesante, skeer die helfte van hulle baarde af, sny hulle klere onderkant die heupe af en stuur hulle terug. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop neem Hanun die dienaars van Dawid en skeer die een helfte van hulle baard af en sny hulle klere in die helfte af, tot by hulle sitplekke; en hy het hulle laat gaan. |
| Afrikaans 1983 | Ganun het toe Dawid se gesante gevat en die een kant van hulle baard afgeskeer, hulle klere net onderkant die heupe afgesny en hulle gelos. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ganun het toe Dawid se amptenare gevat, die helfte van hulle baarde afgeskeer, die helfte van hulle klere tot op hulle sitvlakke afgesny, en hulle toe weggestuur. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe neem Ganun die amptenare van Dawid en hy laat die helfte van elke amptenaar se baard afskeer. Hy het ook hulle klere laat afsny by die heupe, en toe het hy hulle laat gaan. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ganun het toe die amptenare van Dawid gevat en die een kant van hulle baarde afgeknip. Hy het ook hulle klere bokant die sitvlak afgesny en hulle so teruggestuur. |