2 Samuel 10:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die vorste van die kinders van Ammon het aan Hanun, hulle heer, gesê: Dink jy dat Dawid jou vader eer, dat hy troosters na jou gestuur het? Het Dawid nie liewer sy dienaars na jou toe gestuur om die stad te deursoek en dit te verken en om te gooi nie?
Afrikaans (NLV) 2011 sê die leiers van die Ammoniete vir hulle koning Ganun: “Dink u werklik hierdie manne het gekom om u vader te eer? Nee! Dawid het hulle gestuur om op die stad te spioeneer sodat hulle kan kom en dit verower!”
Afrikaans 1933/1953 het die vorste van die kinders van Ammon aan Hanun, hulle heer, gesê: Eer Dawid u vader in u oë, omdat hy vir u troosters gestuur het? Het Dawid nie sy dienaars na u gestuur om die stad te deursoek en dit te verken en dit om te keer nie?
Afrikaans 1983 het die leiers van die Ammoniete vir hulle koning Ganun gesê: “Dink u werklik Dawid vereer u vader deur gesante te stuur om met u te simpatiseer? Het hy nie eerder gesante na u toe gestuur om die stad deur te kyk en te verken sodat hy dit kan oorweldig nie?”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) sê die •hoë amptenare van die Ammoniete vir Ganun, hulle heer: “Eer Dawid, volgens u mening, u vader omdat hy mense na u stuur wat meegevoel betuig? Is dit nie met die doel om inligting oor die stad in te win en dit te verken, net om dit dan te verwoes, dat Dawid sy amptenare na u gestuur het nie?”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) het die leiers van die Ammoniete vir hulle koning Ganun gesê: “Wat dink jy, hoekom het hierdie amptenare na ons toe gekom? Dink jy Dawid het jou pa gerespekteer en daarom het hy mense na jou toe gestuur om vir jou te sê dat hy hartseer voel saam met jou? Nee, ons dink hy het sy amptenare na jou toe gestuur net om oral in die stad te kyk en te sien hoe hulle die stad kan aanval en verwoes.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) sê die leiers van die Ammoniete vir Ganun, hulle nuwe koning: “Dink u regtig Dawid het soveel respek gehad vir u pa dat hy sy mense sal stuur om te kom sê hy is jammer oor sy dood? Het hy nie maar net sy mense gestuur om hier in die stad te kom rondsnuffel en alles mooi deur te kyk sodat hulle dit later kan verwoes nie?”