2 Samuel 10:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe al die konings wat die dienaars van Hadaréser was, sien dat hulle voor Israel verslaan is, het hulle vrede met Israel gesluit en hulle gedien. Daarom was die Arameërs bang om die kinders van Ammon meer te help. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe Hadad-Eser en sy Aramese bondgenote besef dat Israel hulle verslaan het, het hulle vrede gesluit en aan Israel onderhorig geword. Daarna was die Arameërs bang om weer die Ammoniete te help. |
| Afrikaans 1933/1953 | En toe al die onderhorige konings van Hadar,ser sien dat hulle voor Israel verslaan was, het hulle met Israel vrede gesluit en hulle gedien; en die Arameërs was bevrees om die kinders van Ammon langer te help. |
| Afrikaans 1983 | Toe al die konings wat onderhorig was aan Hadad-Eser, besef dat hulle deur Israel verslaan is, het hulle vrede gesluit met Israel en aan hom onderhorig geword. Die Arameërs was bang om weer die Ammoniete te help. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe al die konings wat aan Hadad-Eser onderdanig was, sien dat hulle deur Israel verslaan is, het hulle met die Israeliete vrede gesluit en was aan hulle onderdanig. Die Arameërs was toe bang om die Ammoniete weer te help. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hadad-Eser het regeer oor 'n paar konings, en toe hulle sien dat die Israeliete hulle gewen het in die oorlog, het hulle vrede gemaak met die Israeliete, en die Israeliete het oor die Arameërs regeer. Die Arameërs was bang om weer vir die Ammoniete te help. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe die kleiner konings wat vir Hadad-Eser in die oorlog moes help, sien dat hulle teen Israel verloor het, het hulle met die Israeliete vrede gemaak en vir hulle gewerk. Die Arameërs van Hadad-Eser was daarna te bang om die Ammoniete weer te help. |