2 Samuel 10:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die Arameërs het voor Israel uit gevlug; en Dawid het die manne van sewe honderd strydwaens van die Arameërs en veertig duisend ruiters gedood, en Sobag, die leërowerste, wat daar gesterf het, verslaan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Weereens het die Arameërs voor die Israeliete gevlug. Hierdie keer het Dawid se magte 700 soldate op strydwaens en 40 000 perderuiters doodgemaak. Hy het ook Sobak, die bevelvoerder van die leër, gewond sodat hy gesneuwel het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar die Arameërs het vir Israel gevlug, en Dawid het van die Arameërs sewe honderd trekperde en veertig duisend ruiters gedood, en Sobag, die leërowerste, so gewond, dat hy daar gesterf het. |
| Afrikaans 1983 | Aram het egter vir Israel gevlug. Dawid het sewe honderd man op strydwaens en veertig duisend oorlogsperde van Aram om die lewe gebring. Hy het verder ook vir Sobak, die hoof van hulle leër, so ernstig gewond dat hy daar gesterf het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar die Arameërs het voor Israel op die vlug geslaan. Dawid het van die Arameërs sewehonderd trekperde en veertig afdelings van die strydwabemanning doodgemaak. Sobag, die bevelvoerder van sy leër, het hy neergevel, en hy het daar gesterf. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar die Arameërs het weggevlug van die Israeliete. Dawid het die manne op 700 oorlogkarre doodgemaak, en ook 40 000 manne op perde. Sobek, die hoof van die leër, het ook gesterf. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar hulle moes weer vir die Israeliete vlug. Dawid het 700 van die Arameërs se perde wat strydwaens trek, doodgemaak en ook 40 000 van die soldate wat op die strydwaens ry. Sobak, die groot generaal, is ook in die geveg dood. |