2 Samuel 10:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe dit aan Dawid meegedeel is, het hy die hele Israel versamel en deur die Jordaan getrek en by Helam aangekom. En die Arameërs het hulle teen Dawid opgestel en teen hom geveg.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe Dawid hoor wat aan die gang was, het hy die hele Israel opgeroep, die Jordaan oorgesteek en die leër na Gelam gelei. Die Arameërs het stelling ingeneem en Dawid aangeval.
Afrikaans 1933/1953 Intussen het Dawid daarvan berig gekry en die hele Israel versamel en deur die Jordaan getrek en in Helam aangekom; en die Arameërs het hulle teenoor Dawid opgestel en teen hom geveg.
Afrikaans 1983 Toe Dawid die berig kry, het hy die hele Israel bymekaargemaak, die Jordaan oorgesteek en by Gelam gekom. Die Arameërs het teenoor hom stelling ingeneem en die stryd aangeknoop.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe Dawid die berig kry, het hy die hele Israel byeengebring, die Jordaan oorgesteek en in Gelam aangekom. Die Arameërs het gevegslinies opgestel teenoor Dawid en teen hom geveg.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dawid het dit gehoor, en hy het al die Israeliete laat bymekaarkom. Hy het oor die Jordaan-rivier gegaan en hy het by Gelam gekom. Die Arameërs het gereedgemaak en hulle het begin oorlog maak teen Dawid.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe Dawid dit hoor, het hy al die Israeliete wat kon veg, bymekaar laat kom en deur die Jordaanrivier na Gelam toe getrek. Die Arameërs was reg vir Dawid en het teen hom begin veg.