2 Samuel 10:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Hadaréser het gestuur en die Arameërs uitgebring wat oorkant die Eufraat was, en hulle het by Helam aangekom; en Sobag, die leërowerste van Hadaréser, het voor hulle uit getrek.
Afrikaans (NLV) 2011 en Hadad-Eser het nog Aramese troepe van die oorkant van die Eufraatrivier af ontbied. Hierdie manskappe het onder die bevel van Sobak, die bevelvoerder van Hadad-Eser se leër, in Gelam aangekom.
Afrikaans 1933/1953 Ja, Hadar,ser het gestuur en die Arameërs van oorkant die Eufraat laat uittrek, en hulle het in Helam aangekom, met Sobag, die leërowerste van Hadar,ser, op hulle voorpunt.
Afrikaans 1983 Hadad-Eser het naamlik afvaardigings gestuur en die Arameërs van oorkant die Eufraat af laat kom. Hulle leër het gekom, en Sobak, die hoof van Hadad-Eser se leër, het die leiding geneem.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hadad-Eser het boodskappers gestuur en die Arameërs wat anderkant die Rivier, was, laat optrek. Hulle het by Gelam aangekom met Sobag, die bevelvoerder van die leër van Hadad-Eser, op die voorpunt.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hadad-Eser het ook die Arameërs laat kom wat oorkant die Eufraat-rivier was. Hulle het bymekaargekom by die stad Gelam, en Sobak, die hoof van Hadad-Eser se leër, het hulle gelei.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hadad-Eser het ook die soldate wat oorkant die Eufraat was, laat kom. Die hele leër van die Arameërs het na Gelam toe getrek. Sobak, Hadad-Eser se groot generaal, was die leier.