2 Samuel 10:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe die kinders van Ammon sien dat die Arameërs gevlug het, het hulle ook voor Abísai gevlug en in die stad ingegaan. En Joab het van die kinders van Ammon af teruggekeer en in Jerusalem aangekom.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe die Ammoniete sien dat die Arameërs op die vlug geslaan het, het hulle ook vir Abisai gevlug en in die stad gaan skuil. Hierna het Joab na Jerusalem toe teruggegaan.
Afrikaans 1933/1953 Toe die kinders van Ammon sien dat die Arameërs vlug, het hulle ook vir Ab¡sai gevlug en die stad ingegaan. En Joab het van die kinders van Ammon af omgedraai en in Jerusalem aangekom.
Afrikaans 1983 Toe die Ammoniete gewaar dat die Arameërs vlug, het hulle ook vir Abisai gevlug en die stad ingegaan. Joab is toe van die Ammoniete af weg na Jerusalem toe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe die Ammoniete sien dat die Arameërs vlug, het ook hulle voor Abisai uit gevlug en die stad binnegegaan. Joab het toe teruggedraai van die Ammoniete af en in Jerusalem aangekom.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe die Ammoniete sien dat die Arameërs vlug, het hulle ook weggevlug van Abisai en hulle het ingegaan in hulle eie stad. Joab het toe opgehou oorlog maak teen die Ammoniete en hy het na Jerusalem gegaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe die Ammoniete sien die Arameërs hardloop weg, het hulle ook vir Abisai padgegee en in hulle stad ingegaan. Joab het toe nie verder geveg teen die Ammoniete nie en teruggegaan Jerusalem toe.