2 Samuel 10:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Joab en die manskappe wat by hom was, het nader gekom na die geveg teen die Arameërs, en hulle het voor hom gevlug.
Afrikaans (NLV) 2011 Joab en sy leër het aangeval, maar die Arameërs het gevlug.
Afrikaans 1933/1953 Daarop het Joab en die manskappe wat by hom was, nader gekom om teen die Arameërs te veg, en hulle het vir hom gevlug.
Afrikaans 1983 Joab en sy manne het opgeruk om teen die Arameërs te veg, maar hulle het vir hom gevlug.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe het Joab en die manskappe by hom nader gegaan vir die geveg teen die Arameërs, maar hulle het voor hom uit gevlug.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Joab en sy manne het toe begin om oorlog te maak teen die Arameërs, en die Arameërs het weggevlug van hom.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Joab het met die manne wat by hom was, die Arameërs aangeval, maar hulle het vir hom weggehardloop.