2 Samuel 10:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En daarna het die koning van die kinders van Ammon gesterwe, en sy seun Hanun het in sy plek geregeer. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | ’n Tyd hierna het koning Nagas van die Ammoniete gesterf en sy seun Ganun het hom opgevolg. |
| Afrikaans 1933/1953 | En daarna het die koning van die kinders van Ammon gesterwe, en sy seun Hanun het in sy plek koning geword. |
| Afrikaans 1983 | Na hierdie gebeure is die koning van die Ammoniete oorlede. Sy seun Ganun het hom opgevolg, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | 'n Tyd daarna het die koning van die Ammoniete gesterf, en Ganun, sy seun, het in sy plek koning geword. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die koning van die Ammoniete het gesterf, en sy seun Ganun het koning geword ná hom. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | ’n Ruk daarna is die koning van die Ammoniete dood. Sy seun Ganun het in sy plek koning geword. |