2 Peter 3:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En reken dat die lankmoedigheid van onse Here redding is; soos ons geliefde broeder Paulus ook volgens die wysheid wat aan hom gegee is, aan julle geskryf het; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | En onthou: Die Here se geduld is ’n geleentheid om verlos te word. Dis presies soos Paulus, ons geliefde broer, aan julle geskryf het met die wysheid wat God hom gegee het. |
| Afrikaans 1933/1953 | En ag die lankmoedigheid van onse Here as saligheid, soos ons geliefde broeder Paulus ook met die wysheid wat aan hom gegee is, aan julle geskryf het, |
| Afrikaans 1983 | En beskou die geduld wat ons Here met ons het as geleentheid om gered te word. So het ons geliefde broer Paulus immers ook met die wysheid wat aan hom gegee is, aan julle geskrywe. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En beskou die lankmoedigheid van ons Here as 'n geleentheid tot verlossing, soos ook ons geliefde broer Paulus, volgens die wysheid wat aan hom gegee is, aan julle geskryf het, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moet ook weet dat ons Here geduldig is omdat Hy mense wil red. Hy het vir ons liewe vriend, Paulus, wysheid gegee, en Paulus het ook hierdie dinge vir julle geskryf. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here is baie geduldig met ons. Gelukkig! Hy gee ons nog ’n kans om ons lewens behoorlik reg te kry. Kom ons gryp dit met albei hande aan. Dit is presies wat Paulus, daardie broer van ons vir wie ons almal so lief is, ook vir julle geskryf het. |