2 Kings 9:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want die hele huis van Agab sal vergaan, en Ek sal uit Agab uitroei hom wat teen die muur stamp, en hom wat in Israel opgesluit en oorgebly het.
Afrikaans (NLV) 2011 Die hele familie van Agab moet uitgeroei word. Dit geld elke manlike persoon, slaaf of vry, in Israel.
Afrikaans 1933/1953 en die hele huis van Agab sal omkom, en Ek sal van Agab uitroei al wat manlik is in Israel, sonder uitsondering.
Afrikaans 1983 Die hele koningshuis van Agab sal tot niet gaan. Ek sal elke manlike nakomeling van Agab in Israel sonder uitsondering uitroei.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die hele huis van Agab sal ten gronde gaan. Ek sal van Agab die mansmense in Israel uitroei, hulle wat gevange is en hulle wat vrygelaat is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die familie van Agab sal almal sterf. Ek sal die mans en die seuns van die familie van Agab almal laat doodmaak, elkeen in die land Israel, almal wat getroud is of wat nie getroud is nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Agab se familie moet almal doodgemaak word. Elke enkele manlike bloedverwant van Agab moet sterf!