2 Kings 9:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En jy moet die huis van jou heer Agab verslaan, dat ek die bloed van my knegte, die profete, en die bloed van al die dienaars van die HERE aan die hand van Isébel kan wreek.
Afrikaans (NLV) 2011 Jy moet die koningshuis van Agab uitroei. Op hierdie manier sal Ek die bloed van my dienaars die profete wreek en die bloed van al die dienaars van die Here wat Isebel doodgemaak het.
Afrikaans 1933/1953 En jy sal die huis van Agab, jou heer, verwoes, sodat Ek die bloed van my knegte, die profete, en die bloed van al die knegte van die HERE op Is,bel kan wreek;
Afrikaans 1983 Jy sal die koningshuis van Agab vernietig. So sal Ek My wreek op Isebel oor die vergieting van die bloed van my dienaars die profete, oor die vergieting van die bloed van al die dienaars van die Here.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jy moet die koningshuis van jou heer Agab tot 'n val bring, sodat Ek die bloed van my diensknegte, die profete kan wreek, ja, die bloed van al die diensknegte van die Here kan eis van die hand van Isebel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jy moet die familie van jou koning Agab doodmaak. Ek wil hulle straf omdat Isebel my dienaars die profete en al my ander dienaars vermoor het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jy moet die familie van Agab, vir wie jy gewerk het, uitwis. Dan wreek Ek My so op Isebel vir die moord op my profete en die ander mense wat vir die Here gewerk het.