2 Kings 9:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het opgestaan en in die huis ingegaan; en hy het die olie op sy hoof uitgegooi en vir hom gesê: So spreek die HERE, die God van Israel: Ek het jou as koning gesalf oor die volk van die HERE, oor Israel.
Afrikaans (NLV) 2011 Jehu het toe die vergadering verlaat en die huis binnegegaan. Toe vat die profeet die fles en giet die olie uit op Jehu se kop en sê: “Dit is wat die Here, die God van Israel, sê: ‘Ek salf jou as koning oor die Here se volk Israel.
Afrikaans 1933/1953 En hy het opgestaan en in die huis ingegaan. Toe giet hy die olie op sy hoof uit en sê vir hom: So spreek die HERE, die God van Israel: Ek salf jou as koning oor die volk van die HERE, oor Israel.
Afrikaans 1983 Jehu het opgestaan en toe hy in die ander vertrek inkom, het die profeet die olie op Jehu se kop uitgegiet met die woorde: “So sê die Here die God van Israel: Ek salf jou tot koning oor Israel, die volk van die Here.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jehu het opgestaan en die huis binnegegaan. Toe giet die profeet die olie oor sy kop uit en sê vir hom: “So sê die Here, die God van Israel, ‘Ek salf jou as koning oor die volk van die Here, oor Israel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jehu het opgestaan en in die huis ingegaan, en die profeet het die olyf-olie op sy kop uitgegooi en vir hom gesê: “Die Here, die God van Israel, sê: Ek salf jou om koning te wees van my volk Israel.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jehu het toe opgestaan en saam met hom die huis ingegaan. Die jongman het die olie op sy kop uitgegooi en gesê: “Die Here, die God van Israel, sê: ‘Ek salf jou om koning te wees oor my volk, Israel.