2 Kings 9:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe hy kom, sit die leërowerstes daar; en hy sê: Ek het 'n opdrag aan jou, o owerste! En Jehu sê: Aan wie van ons almal? En hy sê: Vir jou, o owerste!
Afrikaans (NLV) 2011 Toe hy daar aankom, kry hy vir Jehu wat saam met ander offisiere beraadslaag. “Ek het ’n boodskap vir u, Generaal,” sê hy. “Vir watter een van ons?” vra Jehu. “Vir u, Generaal,” antwoord hy.
Afrikaans 1933/1953 Toe hy aankom, het die owerstes van die leër juis daar gesit; en hy sê: Ek het 'n woord vir u, owerste. En Jehu vra: Vir wie van ons almal? En hy antwoord: Vir u, owerste!
Afrikaans 1983 Toe hy daar aankom, was die generaals besig met 'n samespreking. Hy het gesê: “Ek het 'n boodskap vir u, Generaal.” Jehu het gevra: “Vir wie van ons?” Hy het geantwoord: “Vir u, Generaal.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe hy daar aankom, sit die •aanvoerders van die leërmag juis daar bymekaar. Hy sê toe: “Ek het 'n boodskap vir u, bevelvoerder. ” Jehu vra toe: “Vir wie van ons?” “Vir u, bevelvoerder,” het hy geantwoord.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) en toe hy daar kom, sien hy die offisiere daar sit. Hy het vir Jehu gesê: “Offisier, ek het 'n boodskap vir jou.” Jehu vra toe: “Vir wie van ons is die boodskap?” Die profeet antwoord toe: “Die boodskap is vir jóú, Offisier.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die bevelvoerders van die leër was juis bymekaar toe hy daar aankom. Hy het gesê: “Ek het ’n boodskap vir u, Generaal.” Jehu het gevra: “Vir wie van ons is die boodskap?” “Dit is vir ú, Generaal,” het die jongman geantwoord.