2 Kings 9:36 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom het hulle weer gekom en hom vertel. En hy sê: Dit is die woord van die HERE wat Hy gespreek het deur die diens van sy kneg Elía, die Tisbiet, deur te sê: In die deel van Jísreël sal die honde die vleis van Isebel eet. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe hulle terugkom en dit vir Jehu vertel, sê hy: “Dis volgens die woord van die Here toe Hy deur sy dienaar, Elia die Tisbiet, gesê het: ‘By die stuk grond in Jisreël sal die honde Isebel opvreet. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop kom hulle terug en gee hom dit te kenne; en hy sê: Dit is die woord van die HERE wat Hy deur die diens van sy kneg El¡a, die Tisbiet, gespreek het, naamlik: Op die dorpsgrond van J¡sreël sal die honde die vlees van Is,bel eet. |
| Afrikaans 1983 | Toe hulle dit aan Jehu kom rapporteer, het hy gesê: “Dit is die woord van die Here wat deur sy dienaar Elia die Tisbiet gekom het: ‘Op die oop stuk grond in Jisreël sal die honde die vleis van Isebel opvreet.’ |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het teruggekeer en dit vir Jehu vertel. Toe sê hy: “Dit is die vervulling van die woord van die Here wat Hy by monde van sy dienskneg, Elia, die man uit Tisbe, gespreek het, ‘Op die stuk grond in Jisreël sal honde die liggaam van Isebel verslind,’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het teruggekom en hulle het dit vir Jehu vertel. Jehu het toe gesê: “Dit was die boodskap wat die Here gestuur het saam met sy dienaar Elia van Tisbe. Elia het gesê: ‘Die honde sal Isebel se vleis vreet op die oop stuk grond by Jisreël, |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle het vir Jehu gaan vertel wat hulle gekry het. Hy sê toe: “Dit is nou presies wat die Here gesê het met Isebel sou gebeur. Elia, die profeet, het gesê: ‘Honde sal op die oop stuk grond in Jisreël Isebel se vleis eet.’ |