2 Kings 9:34 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe hy inkom, het hy geëet en gedrink en gesê: Gaan kyk tog na hierdie vervloekte vrou en begrawe haar, want sy is 'n koning se dogter.
Afrikaans (NLV) 2011 Jehu het toe die paleis binnegegaan en daar geëet en gedrink. Daarna sê hy: “Iemand moet tog aandag gee aan hierdie vervloekte vrou. Gaan begrawe haar. Sy is immers ’n koningsdogter.”
Afrikaans 1933/1953 En nadat hy ingegaan en geëet en gedrink het, sê hy: Kyk tog om na die vervloekte en begrawe haar, want sy is 'n koningsdogter.
Afrikaans 1983 Hy het in die paleis ingegaan en gaan eet en drink. Daarna het hy gesê: “Sien tog maar om na hierdie vervloekte vrou. Begrawe haar, sy is darem 'n koning se dogter.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het binnetoe gegaan en geëet en gedrink. Toe sê hy: “Gee tog aandag aan hierdie vervloekte vrou en begrawe haar; sy was immers die dogter van 'n koning. ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jehu het ingegaan en geëet en gedrink. Daarna het hy gesê: “Julle moet kyk en seker maak dat iemand daardie slegte vrou begrawe, want sy is 'n koning se dogter.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jehu het toe in die paleis gaan eet en drink. Toe hy versadig was, het hy gesê: “Iemand moet die vervloekte vrou gaan begrawe, want sy was darem ’n koning se dogter.”