2 Kings 9:33 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy sê: Gooi haar neer. En hulle het haar neergegooi, en van haar bloed is teen die muur en op die perde gesprinkel, en hy het haar vertrap.
Afrikaans (NLV) 2011 “Gooi haar af!” skree Jehu. Hulle gooi haar toe daar af sodat haar bloed teen die muur en die perde gespat het. Die perde het haar daar vertrap.
Afrikaans 1933/1953 en hy sê: Gooi haar af! En hulle het haar afgegooi, sodat van haar bloed teen die muur en teen die perde gespat het, en hy het haar vertrap.
Afrikaans 1983 Hy het beveel: “Gooi haar af!” Toe gooi hulle haar af. Van haar bloed het teen die muur en teen die perde gespat, en hulle het haar doodgetrap.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy sê toe: “Gooi haar af!” Hulle het haar afgegooi, en van haar bloed het teen die muur en teen die perde gespat, en dié het haar vertrap.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle het haar afgegooi. Haar bloed het teen die muur en teen die perde gespat, en die perde het haar doodgetrap.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe skree hy vir hulle: “Gooi haar daar af!” Hulle het haar toe by die venster uitgegooi. Daar het van haar bloed teen die muur en teen die perde gespat en Jehu het haar nog verder onder die perdehoewe vertrap.