2 Kings 9:32 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het sy aangesig na die venster opgelig en gesê: Wie is aan my sy? WHO? En daar het twee of drie eunugs na hom uitgekyk.
Afrikaans (NLV) 2011 Jehu het opgekyk en toe hy haar by die venster sien, roep hy: “Wie is aan my kant? Ja, wie?” Twee of drie paleisamptenare het afgekyk na hom toe.
Afrikaans 1933/1953 En hy het opgekyk na die venster en gevra: Wie is vir my, wie? Toe kyk twee, drie hofdienaars uit na hom;
Afrikaans 1983 Jehu het na die venster toe opgekyk en gevra: “Wie is aan my kant? Wie?” Twee, drie paleisamptenare het afgekyk na hom toe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jehu het opgekyk na die venster en gesê: “Wie is aan my kant, wie?” Twee of drie van die eunugs het na hom afgekyk.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jehu het opgekyk na die venster en gevra: “Wie wil vir my help? Wie?” Twee of drie van die paleiswerkers het by vensters afgekyk na Jehu, en hy het gesê: “Gooi Isebel af!”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jehu het na die venster toe opgekyk en gevra: “Wie is aan my kant?” Twee of drie van die paleiswerkers het vir hom gekyk.