2 Kings 9:31 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe Jehu by die poort ingaan, sê sy: Het Simri vrede gehad, wat sy heer gedood het? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe Jehu die poort binnekom, roep sy na hom: “Kom jy in vrede, jou moordenaar? Jy is nes Simri wat sy koning vermoor het.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Terwyl Jehu deur die poort inkom, sê sy: Gaan dit goed, Simri, moordenaar van jou heer? |
| Afrikaans 1983 | Toe Jehu by die poort inkom, het sy vir hom gesê: “Kom jy in vrede, Simri, koningsmoordenaar?” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Terwyl Jehu by die stadspoort inkom, sê sy: “Is alles reg, Simri, moordenaar van sy heer? ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe Jehu by die poort kom, het Isebel gesê: “Wat is jou probleem? Jy is soos Simri, jy het ook jou koning vermoor.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe Jehu by die stadspoort inkom, het sy vir hom gevra: “Kom jy in vrede, moordenaar? Jy is net soos Simri wat sy heer vermoor het.” |