2 Kings 9:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Neem dan die kis olie en giet dit op sy kop en sê: So spreek die HERE: Ek het jou as koning oor Israel gesalf. Maak dan die deur oop en vlug, en vertoef nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Vat die fles en gooi die olie uit op sy kop. Sê vir hom: ‘Dis wat die Here sê: Ek salf jou tot koning oor Israel.’ “Maak dan die deur oop en vlug vir jou lewe.” |
| Afrikaans 1933/1953 | neem dan die kruik met olie en giet dit op sy hoof uit en sê: So spreek die HERE: Ek salf jou tot koning oor Israel. Maak dan die deur oop en vlug en vertoef nie. |
| Afrikaans 1983 | vat die kruik olie en giet dit op sy kop uit. Sê dan vir hom: ‘So sê die Here: Ek salf jou tot koning van Israel.’ Maak dan die deur oop en vlug onmiddellik.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Neem dan die fles olie, giet dit oor sy kop uit en sê, ‘So sê die Here: “Ek salf jou as koning oor Israel.” ’ Maak dan die deur oop en vlug – moenie talm nie!” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dan moet jy die kruikie olyf-olie op sy kop uitgooi en jy moet sê: ‘Die Here sê Hy salf jou om koning te wees van Israel.’ Dan moet jy die deur oopmaak en dadelik weggaan.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Wanneer julle alleen is, moet jy die olie op sy kop uitgooi. Sê dan vir hom: ‘Die Here sê: Ek salf jou tot koning oor Israel.’ Daarna moet jy die deur oopmaak en maak dat jy so vinnig moontlik wegkom!” |