2 Kings 9:27 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar toe Ahásia, die koning van Juda, dit sien, het hy gevlug na die tuinhuis toe. En Jehu het hom gevolg en gesê: Slaan hom ook in die wa. En hulle het dit gedoen by die opgang na Gur, wat by Jibleam is. En hy het na Megiddo gevlug en daar gesterf. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe koning Ahasia van Juda sien wat gebeur, vlug hy in die rigting van Bet-Gan. Jehu het hom agternagesit en geskreeu: “Skiet hom ook!” By die hoogte van Gur naby Jibleam het hulle hom op sy strydwa gewond. Hy kon tot by Megiddo vlug, maar het daar gesterf. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe Ah sia, die koning van Juda, dit sien, het hy gevlug in die rigting van die tuinhuis; maar Jehu het hom agternagejaag en gesê: Skiet hom ook! En hulle het hom geskiet in die wa, op die hoogte na Gur by J¡bleam. Maar hy het na Meg¡ddo gevlug en daar gesterwe. |
| Afrikaans 1983 | Toe koning Ahasia van Juda sien wat gebeur, het hy in die rigting van Bet-Gan gevlug. Jehu het hom agtervolg en opdrag gegee: “Skiet hom ook!” Op die hoogte van Gur, by Jibleam, het hulle hom op sy wa raakgeskiet. Hy het nog tot by Megiddo gevlug, maar daar het hy gesterf. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe Ahasia, koning van Juda, dit sien, het hy gevlug met die pad na Bet-Gan. Maar Jehu het hom agtervolg en gesê: “Skiet hom ook!” Hulle het hom geskiet in sy strydwa teen die opdraande van Gur wat by Jibleam is. Hy het na Megiddo gevlug, maar het daar gesterf. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe koning Ahasia van Juda sien wat gebeur, het hy weggejaag op die pad na die stad Bet-Gan, maar Jehu het hom gevolg en gejaag en gesê: “Hy moet ook sterf.” Jehu se manne het vir Ahasia geskiet op sy wa toe hy na die stad Gur gery het. Dit is naby die stad Jibleam. Ahasia het na die stad Megiddo gevlug, en hy het daar gesterf. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe Ahasia sien wat gebeur, het hy weggejaag in die rigting van Bet-Gan. Jehu het agter hom aangejaag en vir sy mense geskree: “Skiet hom ook!” By die hoogte van Gur, naby Jiblaim, is hy gewond. Hy kon nog tot by Megiddo wegjaag, waar hy dood is. |