2 Kings 9:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê Jehu vir Bidkar, sy owerste: Neem op en gooi hom op die stuk grond van Nabot, die Jisreëliet; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jehu beveel toe vir Bidkar, sy luitenant: “Vat hom en gooi hom op die grond van Nabot van Jisreël. Onthou jy toe ek en jy saam agter sy pa, Agab, aangery het? Die Here het toe hierdie uitspraak gemaak: |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop sê hy aan sy adjudant Bidkar: Tel op, gooi hom op die stuk grond van Nabot, die Jisreëliet; want onthou hoe ek en jy saam langs mekaar agter sy vader Agab gery het en die HERE oor hom hierdie uitspraak gegee het: |
| Afrikaans 1983 | Jehu het sy adjudant Bidkar beveel: “Tel hom op en gooi hom op die stuk grond van Nabot die Jisreëliet. Onthou jy toe ek en jy langs mekaar agter sy pa Agab aangery het hoe die Here hierdie oordeel oor hom aangekondig het? |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jehu sê toe vir Bidkar, sy adjudant: “Tel hom op en gooi hom op die stuk grond van Nabot, die man uit Jisreël, want onthou, ek en jy het langs mekaar agter sy pa Agab gery toe die Here die volgende profesie oor hom aangekondig het, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jehu het vir sy offisier Bidkar gesê: “Vat hom en gooi hom op die grond van Nabot van Jisreël. Onthou jy dat ek en jy agter sy pa Agab gery het toe die Here gesê het dit sal gebeur? |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jehu het vir Bidkar, sy adjudant, gesê: “Gooi hom net hier op Nabot se stuk grond af. Onthou jy destyds toe ek en jy langs mekaar agter sy pa Agab gery het, het Agab die volgende boodskap van die Here af gekry: |