2 Kings 9:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe Joram Jehu sien, sê hy: Is dit vrede, Jehu? En hy antwoord: Watter vrede, solank die hoererye van jou moeder Isebel en haar towerye so baie is? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe koning Joram vir Jehu sien, vra hy: “Kom jy in vrede, Jehu?” Jehu antwoord: “Wat praat jy van vrede terwyl jou ma, Isebel, al hierdie afgodery en toordery beoefen?” |
| Afrikaans 1933/1953 | En net toe Joram Jehu sien, sê hy: Is dit vrede, Jehu? Maar hy antwoord: Wat? Vrede, solank as die hoererye van jou moeder Is,bel en haar towerye so baie is? |
| Afrikaans 1983 | Toe Joram vir Jehu sien, vra hy: “Kom jy in vrede, Jehu?” Maar hy antwoord: “Wat? Vrede? Met al hierdie hoerery en toordery van jou ma Isebel se afgodsdiens?” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe Joram vir Jehu sien, sê hy: “Is alles reg, Jehu?” Maar Jehu antwoord: “Hoe kan alles reg wees solank die hoerery van Isebel, jou ma, en haar eindelose heksery voortduur? ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe Joram sien dit is Jehu, vra hy: “Jehu, is daar 'n probleem?” Jehu het geantwoord: “Die probleem is dat jou ma Isebel vir die mense leer om afgode te dien en om te toor.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe hulle naby aan mekaar was, het Joram geroep: “Jehu, kom jy in vrede?” “Vrede? Wat bedoel jy?” het Jehu gevra. “Hoe kan daar vrede wees terwyl jou ma vreemde gode laat vereer en towery bedryf?” |