2 Kings 9:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Joram sê: Maak gereed. En sy wa is gereed gemaak. En Joram, die koning van Israel, en Ahásia, die koning van Juda, het uitgetrek, elkeen op sy strydwa, en hulle het uitgetrek teen Jehu en hom teëgekom op die gebied van Nabot, die Jisreëliet.
Afrikaans (NLV) 2011 “Gou, kry my strydwa gereed!” beveel koning Joram. Die perde is ingespan en koning Joram van Israel het hom tegemoetgegaan. Koning Ahasia van Juda het ook op sy wa geklim en saamgery. Hulle het Jehu by die grond wat aan Nabot van Jisreël behoort het, ontmoet.
Afrikaans 1933/1953 Toe sê Joram: Span in. En hulle het sy wa ingespan; en Joram, die koning van Israel, het uitgetrek, en Ah sia, die koning van Juda, elkeen op sy wa -- hulle het uitgetrek Jehu tegemoet en hom aangetref op die stuk grond van Nabot, die Jisreëliet.
Afrikaans 1983 Koning Joram van Israel het toe opdrag gegee: “Span die wa in.” Hulle het sy wa ingespan en hy het opgeklim. Koning Ahasia van Juda het op sy eie wa geklim. Hulle het na Jehu toe gery en by hom gekom by die stuk grond van Nabot die Jisreëliet.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe sê Joram: “Span in!” Hy het sy strydwa ingespan, en Joram, koning van Israel, het saam met Ahasia, koning van Juda, uitgegaan, elkeen op sy strydwa. Hulle het uitgegaan om Jehu te ontmoet, en hulle het hom aangetref by die stuk grond van Nabot, die man uit Jisreël.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Joram sê toe hulle moet sy oorlogkar inspan. Hulle het dit gedoen, en hy en koning Ahasia van Juda het elkeen op sy eie oorlogkar gery om vir Jehu te gaan ontmoet. Hulle het hom gekry op die grond van Nabot van Jisreël.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die koning het toe beveel: “Kry vir my ’n strydwa gereed!” Koning Joram van Israel en koning Ahasia van Juda het toe op hulle strydwaens vir Jehu tegemoet gery. Hulle het mekaar op die stuk veld ontmoet wat vroeër aan Nabot behoort het.