2 Kings 9:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die wag het dit vertel en gesê: Hy het tot by hulle gekom en nie teruggekom nie; want hy dryf verwoed. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die wag sê weer: “Die perderuiter het by hulle aangekom, maar hy kom ook nie terug nie! Die een wat voor ry, lyk soos Jehu seun van Nimsi, want hy ry soos ’n besetene.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En die wag het dit te kenne gegee en gesê: Hy het tot by hulle gekom, maar hy kom nie terug nie. Maar die drywe is soos die drywe van Jehu, die seun van Nimsi, want hy dryf soos 'n kranksinnige. |
| Afrikaans 1983 | Die wag het laat weet: “Die boodskapper het tot by hulle gekom, maar hy kom nie terug nie. Die een wat die wa dryf, moet Jehu seun van Nimsi wees, want hy dryf soos 'n mal mens!” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die wag doen toe weer verslag: “Hy het tot by hulle gekom, maar hy keer nie terug nie. En die manier van ry, is soos dié van Jehu, seun van Nimsi, want hy jaag soos 'n besetene!” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die wag het geskree: “Die boodskapper het tot by hulle gekom, maar hy kom ook nie terug nie. Dit lyk of dit Jehu is wat op die oorlogkar ry, want hy jaag soos 'n mal mens.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die wag het vir Joram gesê: “Die tweede boodskapper kom ook nie terug nie. En ek dink dit moet Jehu, die seun van Nimsi, wees wat hier aankom, want hy ry soos ’n mal mens!” |