2 Kings 9:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het hy 'n tweede te perd uitgestuur, wat na hulle gekom het en gesê het: So sê die koning: Is dit vrede? En Jehu antwoord: Wat het jy met vrede te doen? draai jou agter my.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe stuur die koning ’n tweede perderuiter. Hy het tot by hulle gery en gevra: “Die koning wil weet of jy in vrede kom.” Jehu het weer geantwoord: “Wat weet jy van vrede af? Val in hier agter my!”
Afrikaans 1933/1953 Daarop stuur hy 'n ander perderuiter; en toe die by hulle kom, sê hy: So vra die koning: Is dit vrede? Maar Jehu antwoord: Wat het jy met die vrede te doen? Volg my!
Afrikaans 1983 Koning Joram stuur toe 'n tweede perderuiter. Toe hy by hulle kom, sê hy: “Die koning vra of jy in vrede kom?” Jehu het geantwoord: “Wat maak dit saak of ek in vrede kom? Sluit by my aan.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Joram stuur toe 'n tweede perderuiter, en toe hy by hulle kom, sê hy: “So sê die koning, ‘Is alles reg?’ ” Jehu het geantwoord: “Wat het dit met jou te doen of alles reg is? Val agter my in!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die koning het weer 'n boodskapper op 'n perd gestuur, en hy het by die manne gekom en gesê: “Die koning vra of daar 'n probleem is.” En Jehu het gesê: “Hoekom vra jy of daar 'n probleem is? Dit maak nie saak nie, draai om en kom saam met my.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Joram het toe nog ’n boodskapper gestuur, maar presies dieselfde het weer gebeur.