2 Kings 9:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarop het iemand te perd hom tegemoetgegaan en gesê: So sê die koning: Is dit vrede? Toe sê Jehu: Wat het jy met vrede te doen? draai jou agter my. En die wag het dit meegedeel en gesê: Die boodskapper het na hulle gekom, maar hy kom nie terug nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Die perderuiter het Jehu tegemoetgegaan en gesê: “Die koning wil weet of jy in vrede kom.” Jehu antwoord hom: “Wat weet jy van vrede af? Val in hier agter my!” Die wag sê toe vir die koning: “Die boodskapper het by hulle aangekom, maar hy kom nie terug nie.”
Afrikaans 1933/1953 En die perderuiter het hom tegemoetgegaan en gesê: So vra die koning: Is dit vrede? Maar Jehu antwoord: Wat het jy met die vrede te doen? Volg my! En die wag het dit te kenne gegee en gesê: Die boodskapper het tot by hulle gekom, maar hy kom nie terug nie.
Afrikaans 1983 Die perderuiter het Jehu tegemoet gegaan en gesê: “Die koning vra of jy in vrede kom.” Jehu het geantwoord: “Wat maak dit saak of ek in vrede kom? Sluit by my aan.” Die man het laat weet: “Die boodskapper het tot by hulle gekom, maar hy kom nie terug nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die perderuiter het hom tegemoetgegaan en gesê: “So sê die koning, ‘Is alles reg?’ ” Jehu het geantwoord: “Wat het dit met jou te doen of alles reg is? Val agter my in!” Die wag doen toe verslag: “Die boodskapper het tot by hulle gekom, maar hy keer nie terug nie!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die boodskapper het na Jehu toe gegaan en gesê: “Die koning vra of daar 'n probleem is.” Jehu het gesê: “Hoekom vra jy of daar 'n probleem is? Dit maak nie saak nie, draai om en kom saam met my.” Die wag het geskree: “Die boodskapper het by die klomp mense gekom, maar hy kom nie terug nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe die perderuiter by Jehu-hulle kom, sê hy: “Die koning vra of julle in vrede kom.” Jehu het geantwoord: “Wat praat jy van vrede? Val agter my in!” Die wag het vir Joram laat weet: “Die ruiter het tot by hulle gekom, maar hy kom nie terug nie!”