2 Kings 9:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En daar het 'n wag op die toring in Jísreël gestaan, en hy het die skare van Jehu bekyk terwyl hy aankom, en gesê: Ek sien 'n skare. Toe sê Joram: Neem 'n ruiter en stuur hulle tegemoet, en laat hom sê: Is dit vrede? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Terwyl die wag op die toring van Jisreël gestaan het, sien hy Jehu en sy geselskap naderkom. Hy sê: “Ek sien ’n afdeling soldate aankom!” “Stuur ’n perderuiter uit om vas te stel of hulle in vrede kom,” antwoord Joram. |
| Afrikaans 1933/1953 | En terwyl die wag op die toring in J¡sreël staan, sien hy die skare van Jehu, terwyl hy aankom, en sê: Ek sien 'n skare. Toe sê Joram: Neem 'n ruiter en stuur hulle tegemoet, en laat hom vra: Is dit vrede? |
| Afrikaans 1983 | Waar die wag op die toring in Jisreël gestaan het, het hy Jehu se aanhangers sien aankom. Hy het opgemerk: “Ek sien 'n klomp mense.” Toe sê Joram: “Beveel 'n ruiter om hulle tegemoet te ry en te vra of hulle in vrede kom.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die wag wat op die uitkyktoring in Jisreël gestaan het, het Jehu se troepemag sien aankom. Hy sê toe: “Ek sien troepe!” Daarop sê Joram: “Kry 'n ruiter en stuur hom om hulle tegemoet te gaan en te vra, ‘Is alles reg?’ ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die wag op die toring van Jisreël het die klomp mense van Jehu gesien aankom en hy het geskree: “Ek sien 'n klomp mense!” Joram het gesê: “Stuur 'n boodskapper op 'n perd na hulle toe en sê hy moet vra of daar 'n probleem is.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | ’n Wag op een van die torings het die klomp mense sien aankom en laat weet: “Hier kom ’n klomp mense aan.” Joram het beveel: “Stuur iemand te perd om te gaan vra of hulle in vrede kom.” |