2 Kings 9:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Jehu het toe op 'n wa gery en na Jisreël gegaan; want Joram het daar gelê. En Ahásia, die koning van Juda, het afgekom om Joram te sien.
Afrikaans (NLV) 2011 Jehu het toe op sy strydwa geklim en na Jisreël toe gery. Koning Joram het daar van sy wonde herstel en koning Ahasia van Juda het hom daar gaan besoek.
Afrikaans 1933/1953 Toe klim Jehu op die strydwa en trek na J¡sreël, want Joram het daar gelê; en Ah sia, die koning van Juda, het afgekom om Joram te besoek.
Afrikaans 1983 Daarna het Jehu op sy wa geklim en Jisreël toe gery waar Joram siek gelê het en koning Ahasia van Juda vir Joram gaan besoek het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jehu klim toe op sy wa en gaan na Jisreël, want Joram het daar siek gelê, en Ahasia, koning van Juda, het afgegaan om Joram te besoek.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jehu het na Jisreël gery, want Joram het daar siek gelê, en koning Ahasia van Juda het vir Joram kom besoek.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jehu het toe op sy strydwa geklim en na Jisreël toe gejaag. Joram was nog in die bed waar Ahasia hom besoek het.