2 Kings 9:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar koning Joram is teruggekeer om in Jísreël genees te word van die wonde wat die Arameërs hom gegee het toe hy teen Hásael, die koning van Aram geveg het.) En Jehu het gesê: As dit jou bedoel is, laat niemand dan uittrek of uit die land ontsnap nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar Joram het na Jisreël toe teruggegaan om te herstel van die wonde wat hy opgedoen het in die geveg teen Gasael van Aram. Jehu sê vir die manskappe by hom: “As julle met my saamstem, sorg dan dat niemand wegkom uit die stad om dit in Jisreël te vertel nie.”
Afrikaans 1933/1953 Intussen het koning Joram teruggegaan om hom in J¡sreël te laat genees van die wonde wat die Arameërs hom toegebring het in die oorlog teen H sael, die koning van Aram. En Jehu het gesê: As julle dit goedvind, laat geen vlugteling uit die stad uitgaan om dit in J¡sreël te gaan vertel nie.
Afrikaans 1983 ***
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Koning Joram het egter teruggekeer om in Jisreël te herstel van die wonde wat die Arameërs hom toegedien het in sy geveg met Gasael, koning van Aram. Toe sê Jehu: “As dit julle goedkeuring wegdra, laat niemand uit die stad wegkom om dit in Jisreël te gaan bekend maak nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) ***
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Koning Joram self is egter in die gevegte gewond en moes na Jisreël teruggaan om te herstel. Jehu het gesê: “As julle my steun, sorg dan dat niemand hier uit Ramot vlug om die nuus van wat ons doen in Jisreël te gaan vertel nie.”