2 Kings 9:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe het Jehu, die seun van Jósafat, die seun van Nimsi, 'n sameswering teen Joram gesmee. (Joram het Ramot in Gílead onderhou, hy en die hele Israel, ter wille van Hásael, die koning van Aram. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jehu seun van Josafat en kleinseun van Nimsi het saamgesweer teen koning Joram. Joram was saam met die hele leër van Israel by Ramot in Gilead, besig om Israel teen koning Gasael van Aram te verdedig. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop het Jehu, die seun van Josafat, die seun van Nimsi, 'n sameswering gesmee teen Joram. En Joram was besig om by Ramot in G¡lead wag te hou, hy en die hele Israel, teen H sael, die koning van Aram. |
| Afrikaans 1983 | [14-15] Jehu seun van Josafat, seun van Nimsi, het met hulle saamgesweer teen koning Joram van Israel. Hy was toe in Jisreël waar hy gaan herstel het van die wonde wat die Arameërs hom toegedien het toe hy teen koning Gasael van Aram geveg het. Dit het gebeur terwyl Joram en die Israeliete besig was om Ramot in Gilead te verdedig teen koning Gasael van Aram. Jehu het gesê: “As julle aan my kant is, sorg dat niemand wegkom uit Ramot uit om die nuus in Jisreël te gaan vertel nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jehu, seun van Josafat, seun van Nimsi, het toe teen Joram 'n komplot gesmee. Joram was saam met die hele Israel besig om Ramot in Gilead te verdedig teen Gasael, koning van Aram. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | [14-15] Jehu seun van Nimsi het saam met die offisiere planne gemaak om koning Joram dood te maak. Joram was toe in die stad Jisreël om gesond te word, want die Arameërs het hom raakgeskiet en gewond toe hy die stad Ramot in Gilead wou terugvat. Joram en al die manne van Israel het daar geveg teen koning Gasael van Aram. Jehu het vir die offisiere gesê: “As julle wil hê ek moet koning word, dan moet julle seker maak dat niemand hier uit Ramot wegkom om vir die koning in Jisreël te gaan vertel wat ons wil doen nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jehu het toe planne begin beraam om Joram se bewind omver te werp. Joram se magte was by Ramot in Gilead saamgetrek om die stad teen ’n aanval van die Arameërs te beskerm. |