2 Kings 9:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het hulle gou elkeen sy kleed geneem en dit bo-op die trappe onder hom gesit en op die trompette geblaas en gesê: Jehu is koning.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle het dadelik hulle klere voor hom op die trappe uitgesprei en op die trompet geblaas terwyl hulle skreeu: “Jehu is koning!”
Afrikaans 1933/1953 Toe neem hulle gou elkeen sy kleed en lê dit onder hom somaar op die trappe neer; en hulle blaas op die ramshoring en sê: Jehu is koning!
Afrikaans 1983 Onmiddellik het elkeen sy klere gevat en dit op die trappe voor Jehu oopgegooi. Hulle het die ramshoring geblaas en uitgeroep: “Jehu is koning!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe neem elkeen gou sy kledingstuk en plaas dit onder Jehu op die kaal trappe. Daarop blaas hulle op die •ramshoring en roep uit: “Jehu is koning!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe trek die offisiere dadelik hulle klere uit en hulle gooi dit op die trappe oop voor Jehu en hulle blaas die ramshoring en hulle skree: “Jehu het koning geword!”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle het dadelik hulle klere as ’n eerbewys op die trappe voor hom neergesit. Toe laat hulle iemand op die ramshoring blaas en almal het geskree: “Jehu is koning!”