2 Kings 9:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe het Jehu na die dienaars van sy heer uitgegaan, en een sê vir hom: Gaan dit goed? waarom het hierdie mal man na jou toe gekom? En Hy sê vir hulle: Julle ken die man en sy woord. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jehu het teruggegaan na die offisiere van die koning. Een van hulle het vir hom gevra: “Wat wou die kranksinnige man hê? Is alles reg?” “Jy ken mos die praatjies van so ’n mens,” antwoord Jehu. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop gaan Jehu uit na die dienaars van sy heer, en hulle sê vir hom: Gaan dit goed? Waarom het hierdie kranksinnige by u gekom? En hy antwoord hulle: Julle self ken die man en sy gepraat. |
| Afrikaans 1983 | Toe Jehu uit die kamer uit terugkom by die amptenare van die koning, het hulle vir hom gevra: “Is alles reg? Hoekom het hierdie mal man na jou toe gekom?” Hy het hulle geantwoord: “Julle ken tog self die man en sy praatjies.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jehu het uitgegaan na die amptenare van sy heer. Hulle sê toe vir hom: “Is alles reg? Waarom het hierdie waansinnige na jou toe gekom?” Hy het hulle geantwoord: “Julle ken tog self die man en sy praatjies.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jehu het uitgegaan na die offisiere van sy koning toe, en een offisier het vir hom gevra: “Is daar 'n probleem? Hoekom het daardie mal man na jou toe gekom?” Jehu het vir hulle gesê: “Julle weet self hoe daardie man praat.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jehu het teruggegaan na die ander offisiere toe. Iemand het vir hom gevra: “Wat gaan aan? Wat wou hierdie kranksinnige kêrel by jou hê?” Jehu het geantwoord: “Julle weet tog almal hoe hierdie mense kan onsin praat!” |