2 Kings 9:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die honde sal Isebel eet op die gebied van Jisreël, en daar sal niemand wees om haar te begrawe nie. En hy het die deur oopgemaak en gevlug.
Afrikaans (NLV) 2011 Die honde sal Isebel opvreet op die stuk grond in Jisreël en niemand sal haar begrawe nie.’” Toe het die profeet die deur oopgemaak en weggehardloop.
Afrikaans 1933/1953 En die honde sal Is,bel eet op die dorpsgrond van J¡sreël, en daar sal niemand wees wat haar begrawe nie. Daarna het hy die deur oopgemaak en gevlug.
Afrikaans 1983 Die honde sal vir Isebel opvreet op die oop stuk grond in Jisreël; sy sal nie begrawe word nie.” Die profeet het toe die deur oopgemaak en gevlug.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En Isebel – die honde sal haar verslind op die stuk land van Jisreël, en daar sal niemand wees wat haar begrawe nie. ’ ” Toe maak hy die deur oop en vlug.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die honde sal vir Isebel opvreet by die stad Jisreël, niemand sal haar begrawe nie.” Nadat die profeet hierdie boodskap vir Jehu gebring het, het hy die deur oopgemaak en vinnig weggegaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die honde sal Isebel se lyk op die plein in Jisreël vreet en niemand sal haar begrawe nie.’” Nadat hy alles gesê het, het die jongman die deur oopgemaak en gevlug.