2 Kings 9:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe roep die profeet Elísa een van die profete-kinders en sê vir hom: Omgord jou heupe en neem hierdie kis olie in jou hand en gaan na Ramot in Gílead.
Afrikaans (NLV) 2011 Intussen het die profeet Elisa een van die groep profete geroep en gesê: “Maak jou gereed en gaan gou na Ramot in Gilead. Vat hierdie fles met olie saam.
Afrikaans 1933/1953 Toe roep die profeet El¡sa een van die profete-seuns en sê vir hom: Gord jou heupe en neem hierdie kruik met olie in jou hand en gaan na Ramot in G¡lead.
Afrikaans 1983 Die profeet Elisa het een van die profete geroep en vir hom gesê: “Maak klaar en vat hierdie kruikie olie en gaan na Ramot in Gilead toe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die profeet Elisa het iemand van die profetegroep geroep en vir hom gesê: “Omgord jou heupe, neem hierdie fles olie saam met jou, en gaan na Ramot in Gilead.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die profeet Elisa het een van die profete geroep en vir hom gesê: “Jy moet jou klere vasmaak en hierdie kruikie olyf-olie neem en na die stad Ramot in die land Gilead gaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Intussen het die profeet Elisa iemand uit die profetegroep geroep en vir hom gesê: “Vat hierdie flessie olie en gaan na die dorp Ramot in Gilead toe.