2 Kings 8:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Elísa het in Damaskus gekom; en Bénhadad, die koning van Aram, was siek; en aan hom is meegedeel en gesê: Die man van God het hierheen gekom. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Op ’n keer het Elisa na Damaskus, die hoofstad van Aram, gegaan. Op dié tydstip was koning Ben-Hadad, die koning van Aram, siek. Iemand het vir die koning vertel dat die man van God daar aangekom het. |
| Afrikaans 1933/1953 | En El¡sa het in Damaskus aangekom, terwyl B,nhadad, die koning van Aram, siek was; en aan hom is meegedeel en gesê: Die man van God het hierheen gekom. |
| Afrikaans 1983 | Toe Elisa in Damaskus kom, was koning Ben-Hadad van Aram juis siek. Toe hulle hom meedeel dat die man van God daar aangekom het, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Elisa het in Damaskus gekom toe Ben-Hadad, koning van Aram, siek was. Hy is ingelig: “Die man van God het hier aangekom.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Elisa het in Damaskus gekom. Koning Ben-Hadad van Damaskus was siek en toe hy hoor die man van God het in Damaskus aangekom, |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Elisa het Damaskus, die hoofstad van Aram, besoek terwyl die koning, Ben-Hadad, siek in die bed was. Iemand het vir Ben-Hadad vertel dat Elisa in die stad was. |