2 Kings 8:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe die koning die vrou vra, het sy hom vertel. Toe het die koning vir haar 'n sekere offisier aangestel en gesê: Gee terug alles wat aan haar behoort, en al die vrugte van die veld van die dag af dat sy die land verlaat het, tot nou toe.
Afrikaans (NLV) 2011 “Is dit so?” vra die koning vir haar. Sy het hom toe alles vertel. Daarop beveel hy een van sy amptenare om haar behulpsaam te wees en sê: “Jy moet sorg dat sy alles terugkry wat aan haar behoort, ook die waarde van enige oes wat gedurende haar afwesigheid ingesamel is.”
Afrikaans 1933/1953 En die koning het die vrou ondervra, en sy het hom vertel. Toe gee die koning haar 'n sekere hofdienaar en sê: Laat haar alles terugkry wat aan haar behoort, en ook die hele opbrings van die grond, van die dag af dat sy die land verlaat het, tot nou toe.
Afrikaans 1983 Die koning het die vrou uitgevra, en sy het hom alles vertel. Die koning het 'n paleisamptenaar tot haar beskikking gestel met die opdrag: “Sorg dat sy alles terugkry wat aan haar behoort, ook die hele opbrengs van die grond van die dag af dat sy die land verlaat het tot nou toe.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die koning vra toe die vrou uit en sy vertel hom. Daarna het die koning 'n paleisamptenaar aan haar beskikbaar gestel en gesê: “Gee alles terug wat aan haar behoort, ook die volle opbrengs van die grond, vanaf die dag dat sy die land verlaat het tot nou toe.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die koning het vir die vrou gevra wat gebeur het, en sy het vir hom alles vertel. Die koning het toe 'n amptenaar saam met haar laat gaan en hy het vir die amptenaar gesê: “Sy moet alles terugkry wat aan haar behoort, ook al die geld vir die koring wat op haar grond gegroei het, van die dag toe sy uit die land gegaan het, tot nou toe.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Is dit waar?” het die koning haar gevra. Sy het alles bevestig. Die koning het ’n amptenaar van die paleis saam met haar gestuur. Hy het vir die amptenaar gesê: “Sorg dat sy alles kry wat aan haar behoort. Sorg verder ook dat sy die waarde ontvang van die oeste wat op haar lande ingesamel is van die tyd wat sy weg was.”