2 Kings 8:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die koning het met Gehasi, die dienaar van die man van God, gespreek en gesê: Vertel my tog al die groot dinge wat Elísa gedoen het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die koning was besig om met Gehasi, die dienaar van die man van God, te praat. Die koning het so pas vir hom gesê: “Vertel my tog van al die groot dinge wat Elisa gedoen het.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Die koning was juis besig om met Geh si, die dienaar van die man van God, te spreek en te sê: Vertel my tog al die groot dinge wat El¡sa gedoen het. |
| Afrikaans 1983 | Die koning was in gesprek met Gehasi, die slaaf van die man van God. Hy het gevra: “Vertel 'n bietjie vir my van al die groot dinge wat Elisa gedoen het.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die koning was juis in gesprek met Gehasi, die dienaar van die man van God, en het gesê: “Vertel my asseblief van al die groot dade wat Elisa gedoen het.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die koning was besig om te praat met Gehasi, die jongman wat vir die man van God gewerk het. Die koning het gevra Gehasi moet vir hom vertel van al die wonderlike dinge wat Elisa gedoen het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die koning was net toe besig om met Gehasi, Elisa se assistent, te gesels. Hy het vir Gehasi gevra: “Vertel my ’n bietjie van die groot dinge wat Elisa gedoen het.” |