2 Kings 8:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En aan die einde van sewe jaar het die vrou teruggekeer uit die land van die Filistyne, en sy het uitgegaan om die koning aan te roep oor haar huis en haar land.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe die hongersnood na sewe jaar verby was, het sy teruggekeer uit die land van die Filistyne. Sy het na die koning toe gegaan en hom gesmeek om haar huis en grond weer terug te kry.
Afrikaans 1933/1953 En aan die einde van sewe jaar het die vrou uit die land van die Filistyne teruggekom en uitgegaan om 'n beroep te doen op die koning vanweë haar huis en haar grond.
Afrikaans 1983 Aan die einde van die sewe jaar het sy uit die land van die Filistyne teruggekeer. Sy het na die koning toe gegaan om by hom te pleit vir haar huis en haar grond.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Aan die einde van die sewe jaar het die vrou teruggekeer uit die land van die Filistyne. Sy het uitgegaan om haar op die koning te beroep oor haar huis en haar grond.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ná die sewe jaar het die vrou teruggekom uit Filistyne-land. Sy het toe vir die koning gaan vra dat hy haar moet help sodat sy haar huis en haar grond kan terugkry.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Na die hongersnood het sy na Israel toe teruggekom. Sy het toe met die koning gaan praat om haar huis en haar grond te probeer terugkry.