2 Kings 8:29 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En koning Joram het teruggegaan om in Jísreël genees te word van die wonde wat die Arameërs hom by Rama gegee het toe hy teen Hásael, die koning van Aram, geveg het. En Ahásia, die seun van Joram, die koning van Juda, het afgegaan om Joram, die seun van Agab, in Jísreël te sien, omdat hy siek was.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het teruggegaan na Jisreël toe om te herstel van sy wonde wat die Arameërs hom in Ramot toegedien het. Dit het gebeur tydens die oorlog met Gasael, koning van Aram. Koning Ahasia van Juda het Joram, die seun van Agab, daar in Jisreël besoek omdat hy siek was.
Afrikaans 1933/1953 En koning Joram het teruggegaan om hom in J¡sreël te laat genees van die wonde wat die Arameërs hom toegebring het by Rama in die oorlog teen H sael, die koning van Aram; en Ah sia, die seun van Jehoram, die koning van Juda, het afgekom om Joram, die seun van Agab, in J¡sreël te besoek, want hy was siek.
Afrikaans 1983 Koning Joram het teruggegaan om in Jisreël te gaan herstel van die wonde wat die Arameërs hom in Ramot toegedien het toe hy teen koning Gasael van Aram geveg het. Koning Ahasia van Juda, seun van Joram, het vir Joram seun van Agab in Jisreël gaan besoek waar hy siek gelê het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe het koning Joram teruggekeer om in Jisreël van sy wonde te herstel wat die Arameërs hom toegedien het by Rama, toe hy teen Gasael, koning van Aram, geveg het. Ahasia, seun van Jehoram, koning van Juda, het toe afgegaan om Joram, seun van Agab, in Jisreël te besoek, omdat hy siek was.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Arameërs het vir koning Joram raakgeskiet en hulle het hom gewond toe hy in die stad Ramot oorlog gemaak het teen koning Gasael van Aram. Koning Joram het toe teruggegaan na die stad Jisreël om gesond te word. Ahasia seun van koning Joram van Juda het vir Joram seun van Agab gaan besoek in Jisreël, want Joram was siek.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy het na Jisreël toe teruggegaan om te herstel. Terwyl hy in Jisreël aangesterk het, het Ahasia van Juda hom kom besoek.