2 Kings 8:28 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het saam met Joram, die seun van Agab, getrek na die oorlog teen Hásael, die koning van Aram, in Ramot in Gílead; en die Arameërs het Joram gewond.
Afrikaans (NLV) 2011 Ahasia het aangesluit by koning Joram van Israel, die seun van Agab, wat besig was om oorlog te maak teen koning Gasael van Aram by Ramot in Gilead. Die Arameërs het koning Joram in die geveg gewond.
Afrikaans 1933/1953 En hy het met Joram, die seun van Agab, in die oorlog saamgetrek by Ramot in G¡lead teen H sael, die koning van Aram; maar die Arameërs het Joram gewond.
Afrikaans 1983 Saam met Joram seun van Agab het hy opgeruk om te veg teen koning Gasael van Aram by Ramot in Gilead. Die Arameërs het vir Joram daar gewond.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het saam met Joram, seun van Agab, gegaan vir die geveg teen Gasael, koning van Aram, by Ramot in Gilead; maar die Arameërs het Joram verslaan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ahasia het saam met Joram gaan oorlog maak teen koning Gasael van Aram. Dit was by die stad Ramot in die land Gilead, en die Arameërs het vir Joram gewen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ahasia het koning Joram van Israel gaan help in sy oorlog teen koning Gasael van Aram. Die geveg het naby die dorp Ramot in Gilead plaasgevind, waar Joram gewond is.