2 Kings 8:27 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het gewandel in die weg van die huis van Agab en gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE, net soos die huis van Agab, want hy was die skoonseun van die huis van Agab. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ahasia het die slegte voorbeeld van koning Agab se familie gevolg. Hy het gedoen wat verkeerd was vir die Here omdat hy in die familie van Agab ingetrou het. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hy het gewandel in die weg van die huis van Agab en gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE, soos die huis van Agab; want hy was verswaer met die huis van Agab. |
| Afrikaans 1983 | Hy het die pad van die koningshuis van Agab geloop: hy het gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here net soos die koningshuis van Agab, want hy het ingetrou in die familie van Agab. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het die pad van die huis van Agab gevolg en gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here, net soos die huis van Agab, want hy was aangetroude familie van die huis van Agab. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ahasia het gelewe soos die familie van Agab, hy het dinge gedoen waarvan die Here nie hou nie. Hy het gedoen soos die familie van Agab, want sy ma was 'n dogter van Agab. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy het die slegte voorbeeld van die konings van Israel gevolg en dinge gedoen waarmee die Here nie tevrede was nie. Die rede hiervoor was dat hy in die familie van Agab ingetrou het. |