2 Kings 8:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarop het Joram oorgegaan na Saïr en al die strydwaens saam met hom; en hy het in die nag opgestaan en die Edomiete verslaan wat hom omsingel het, en die owerstes van die strydwaens; en die manskappe het in hulle tente gevlug. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Joram het sy strydwaens gemonster en die dorp Saïr aangeval. Die Edomiete het hom en sy strydwa-offisiere omsingel. In die nag slaag hy om deur te breek, maar sy leër het huis toe gevlug. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarom het Joram oorgetrek na Sa‹r, en al die strydwaens saam met hom; en toe hy hom in die nag gereedgemaak het, het hy die Edomiete verslaan wat hom omsingel het, saam met die owerstes van die strydwaens; en die manskappe het na hulle tente gevlug. |
| Afrikaans 1983 | Joram het met sy hele strydwamag opgeruk na Saïr toe. Hy het in die nag die Edomiete aangeval wat hom en sy strydwaoffisiere wou omsingel, maar sy manskappe moes vlug, terug huis toe. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jehoram het toe oorgegaan na Saïr met al die strydwaens by hom. Hy het in die nag gereedgemaak en die Edomiete wat hom en die •aanvoerders van die strydwamag omsingel het, verslaan, maar die manskappe het na hulle tente gevlug. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Joram het oorlogkarre geneem en hy het na die land Seïr gegaan. Die Edomiete het rondom hom en sy offisiere kom staan, hulle was gereed om oorlog te maak. Joram het hulle in die nag aangeval, maar sy manne het na hulle tente gevlug. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Joram wou die orde herstel en het die Edomiete met al sy strydwaens gaan aanval. By die dorp Saïr het die Edomiete hulle omsingel. Hy en die strydwaens kon egter in die nag uitbreek en wegkom, maar sy voetsoldate het gevlug en huis toe gegaan. |